Zuid Afrika: Vleisbraai: 'n tipiese Afrikaner man ding
Die son trek water op die horison, en die manne
staan nader. Namiddag in Suid-Afrika is vuurmaak-tyd,
sodat daar GEBRAAI kan word. Gewapen met
'n bier in die hand, pak die manne die hout en steek
die vure aan. (Hierdie is tradisioneel verbode terrein
vir vrouens.) Suid-Afrika het baie goeie weer, en dis al
verskoning wat 'n Suid-Afrikaner nodig het om te
braai, so ons braai gereeld.
Vrouens is egter nie heeltemal
oorbodig in die ritueel van
vleis braai nie: die vrouens
moet net hul plek ken in die
kombuis, waar hulle allerhande watertand
lekker bykosse vir die braai moet
voorberei. (Hierdie is 'n tipiese Afrikaner
man se siening wat seer sekerlik menige
Hollandse vrou grensloos sal irriteer!)
Hierdie bykosse sluit gewoonlik in slaaie,
braaibroodjies, artappelgeregte,
braaimielies, pap en sous. Terwyl die geur
van braaivleisvure deur die hele buurt
trek, praat die manne oor sport (veral
rugby), en die vrouens bespiegel oor die
nuutste modes, en hul mans se sondes.
So gepraat van die geur van braaivleisvure, dis nogal belangrik. Sien, in Suid-Afrika neem ons nie kortpaaie soos die Australiërs en die Amerikaners nie. O nee, geen
| nagemaakte gas vure vir ons nie! Jy braai jou vleis op 'n regte vuur, of jy braai nie. Vir die beste kole gebruik ons Hardekool houtstompe. Hierdie unieke hout kom in die bosveld voor waar uiterste weerstoestande die bome temper om hout wat so hard soos yster is te lewer. Dié hout is 'n blikskottel om aan die gang te kry, maar as hy eers brand kos dit 'n hele brandweer om hom te blus. Dis baie algemeen vir hardekool om reg deur die nag te brand, sodat jy die volgende oggend net |
As die vlamme gaan lê het, en die kole gloei net lekker rooiwarm, is die tyd reg om die finale offerhande te lewer. Hierdie offerhande is natuurlik die vleis wat gebraai gaan word. Enige braaier wat sy sout werd is behandel sy vleis soos goud. Net die beste marinade en speserye word gebruik om die vleis voor te berei. Die mees algemene vorms van braaivleis is skaaptjops, 'steaks' en boerewors. Boerewors is 'n mengsel van gemaalde vleis en keurige speserye wat in 'n skaap se dunderm geprop word. Elke slaghuis in Suid-Afrika het sy eie geheime boerewors resep, en elke slagter glo dat sy resep die beste in die wêreld is. (Nog 'n tipiese Afrikaner man ding…)
Eksotiese vleissoorte
Tydens jou Djoserreis deur Suid-Afrika sal
jou busbestuurder heel waarskynlik so 'n
tipiese braai vir jou voorberei in die Kruger
Wildtuin. By hierdie geleentheid sal die
helder sterre en die geur van braaivleis,
tesame met die geluide van Afrika as
agtergrondmusiek 'n onvergeetlike
ervaring uitmaak. Terwyl jy in die vuur
staar met 'n lekker glas rooiwyn in jou
hand en praat oor al die wilde diere wat jy
die dag gesien het, sal die aand alreeds 'n
sukses wees nog voordat jy 'n stukkie vleis
in jou mond gesit het.
Dis die geheim van vleisbraai.
Die buitelug, 'n lekker drankie en die
kuier om 'n knetterende vuur dwing jou
om te ontspan en met groot afwagting uit
te sien na die hoofmaal. Dan, net om jou
verder in die regte stemming te plaas, sal
die geur van die vleis terwyl dit gebraai
word jou honger aanwakker soos geen
aptytwekker op aarde dit kan doen nie.
Maar naas hierdie algemene vleissoorte,
braai Suid-Afrikaners ook met groot
sukses heelparty ander meer eksotiese
vleissoorte. Opwindende variasies wat op
die Djoserreis tegemoet gekom kan word
is 'n vlakvark wat op 'n spit gebraai kan
word in Swaziland, of volstruisfilette in
Oudtshoorn, wat bekend staan as die
volstruishoofstad van die wêreld. Nog 'n
baie lekker opsie met verskillende variasies
is seekosse. Vanaf vars kreef wat jy self op
'n boot kan uittrek (en dan sommer op die
boot gebraai word), tot snoek, geelsert,
koningklip, engelvis en verskeie ander
eksotiese vissoorte kom in groot
hoeveelhede aan die Suid-Afrikaanse kus
voor.
| Al hierdie vissoorte word met
unieke resepte en vulsels omgetower in
koningskos, wat enige visliefhebber sy
vingers sal laat afeet.
Agtertuin Indien jy nie kan wag totdat jy voet aan wal sit in Afrika om hierdie wonderlike ervaring mee te maak nie, kan jy gerus jou eie braai in jou agtertuin hou, met die volgende paar goue reëls as riglyn: |
- Die Vuur: Maak seker dat jy genoeg kole het. Daar is niks wat 'n braai so beduiwel soos 'n vuur wat uitbrand terwyl jou vleis halfgaar is nie. Hou 'n koppie water byderhand om enige vlamme te blus wat opspring as vet van die vleis op die kole drup. Doop jou vingers liggies in die water en skiet 'n paar druppels water op die vlamme. Moenie te veel water ge-bruik nie, want dit kan die kole laat doodgaan.
- Die Vleis: Die eenvoudigste vleis om te braai is skaaptjops. Die rede hier-voor is dat skaapvleis eerder té gaar moet wees as té rou. Dus kan jy dit nie maklik oordoen soos byvoorbeeld 'n 'steak' nie. Skaapvleis kan jy gereeld omdraai, en lekker gaar laat word.
- Speserye/marinade: As jy nie toegang het tot spesiale braaispeserye, of 'n braaimarinade nie, hou dit eenvoudig: die vleis moet liggies gesout en gepeper word net voordat jy dit van die vuur afhaal. Moenie enige sout op die vleis sit voordat jy begin braai nie, aangesien dit die vleis sal taai maak. As jy hierdie paar basiese riglyne volg, sal jou braai 'n sukses wees. Indien nie, wel, dan het jy ten minste lekker met vuur gespeel!
Lekker braai.
Frikkie
Aan de informatie in deze artikelen en verhalen kunnen geen rechten ontleend worden.




Volg ons op:
Tel: 071-5126400