Overzicht Afrika rondreizen van Djoser

n' Asemrowende belewenis: Reisbegeleiders in Zuid-Afrika

Bij onze hotel/chaletreizen naar Zuid-Afrika, Lesotho & Swaziland staat je reis onder de deskundige leiding van een lokale, Nederlands/Afrikaanssprekende reisbegeleider, tevens Nasionale Toergids. Drie van hen stellen zich hier aan je voor. In het Afrikaans. Om alvast in de stemming te komen.

Nita: Als trotse ouer van drie kinders en agt kleinkinders het ek vier jaar gelede die geleentheid aangegryp om myself en volle te kwalifiseer as Nasionale Toergids van Suid-Afrika, asook die buurstate Swaziland, Lesotho en Namibië. Die hele Suid-Afrika is vir my spesiaal, ryk aan die skoonste natuur, kleurvolle kultuur, en ryke geskiedenis, wat ek graag saam met u, my gaste, wil beleef. Maar as ek een plek moet kies sal ek sê Namakwaland in die blomme seisoen. Dit is vir my ‘n asemrowende belewenis om te sien hoe die barre aarde lewe kry na die mildelike reëns.

Hendrien: Ek is gebore in Apeldoorn, Nederland en het na Suid- Afrika ge-emmigreer toe ek 6 jaar oud was. Van kleins af het die natuur ’n geweldige indruk op my gemaak en die berge was my wegkruip-en-speelplek. In 2004 het ek begin as gids vir safaritoere deur Suid-Afrika en Namibië en ek is geweldig trots om my land vir mense soos julle te kan wys. Ek is passievol oor die hele Suid-Afrika, maar as ek een deel mag uitsonder, is dit die Groot Karoo en spesifi ek die Vallei van Verlatenheid. Hier sien jy die grootheid en diversiteit van Afrika en as jy stilsit by die skoorsteen en luister, hoor en sien jy soveel dat jou siel ontwaak!


Jack: Ek het grootgeword in Den Haag waar ek as 8-jarige seuntjie toerisme leer ken het in die gastehuis van my ma. Na my diensplig in 1970 het ek Suid- Afrika gekies as ‘Die Land van Beloftes’, waar ek reeds heimwee begin kry het na 1 jaar! Die antwoord was om ‘vlugskelner’ te word by die ‘Suid Afrikaanse Lugdiens’, wat ek vir 29 jaar gedoen het! Na die ‘goue handdruk’ in 1999 het ek vir 5 jaar gestudeer voor die sertifikaat ‘Toergids, Nasionaal’. Die doelwit is dat u aan asemberowend Suid- Afrika pragtige herinnerings sal oorhou en oor en weer baie beslis weer sal terugkom! Van my gunsteling plekke die ek vir u wil wys is die ‘Verebedjie’ van Knysna en die ‘Addo Olifante Nasionale Park’.